| FAQ |
|
|
|
|
| Wat is BiteFight? |
BiteFight is ʼn kostelose leser(browser)-spel waarin jy teen duisende ander spelers meeding. Die enigste vereiste om BiteFight te kan speel is ʼn normale leser-program (bv. Internet Explorer of Firefox), geen aflaai of installasie word benodig nie. Sodra jy die eerste keer inteken, kan jy besluit of jy in die rol van ʼn vampier of van ʼn weerwolf wil inglip om voort te gaan in die geveg.
Wanneer jy registreer, voer asseblief ʼn geldige e-posadres in omdat ʼn e-pos onmiddellik aan jou gestuur sal word wat ʼn aktiveringskakel bevat om jou rekening mee te aktiveer. Klik asseblief op die skakel of kopieer die inhoud daarvan in jou leser-program binne 3 dae om jou BiteFight rekening te valideer. |
| Maak toe |
|
| Oorsig |
Die oorsig vertoon aan jou al die belangrike inligting omtrent jou karakter: jou highscore posisie, jou voorraad van hel-klippe en goud-klippe, jou statistieke en jou items.
Jy kan ook jou vaardighede hier oefen: |
| Maak toe |
|
| Vaardighede |
Die tabel vertoon jou huidige vlak. Die vlak is gebaseer op jou ervaring en verhoog soos wat jy meer ervaring opdoen (bv. in gevegte).
Krag is `n indikasie van die hoeveelheid krag wat jy kan gebruik tydens ʼn geveg. Hoe hoër jou krag se waarde, hoe beter jou kans om ʼn slag teen jou vyand te slaan.
Verdediging weerspieël jou vermoë om jouself te verdedig en jou vermoë om aanvalle van jou vyande te kan vermy.
Behendigheid beskryf jou vermoë om jou vyand te kan beseer tydens ʼn geveg. Hoe hoër die waarde, hoe groter is die waarskynlikheid dat jy nie jou vyand sal mis nie.
Jou vlak van uithouvermoë affekteer die herstel van jou lewenspunte en help om skade aan jou liggaam te beperk. Hoe hoër die vlak, hoe vinniger herstel jy. Jou uurlikse hersteltempo is gelykstaande aan jou vlak van uithouvermoë, maal 1,5.
Jou vlak van charisma bepaal jou vermoë om ʼn vyand te vind tydens ʼn rasse-jag. Hoe hoër jou charisma, hoe beter is jou kanse om jou vyande op te spoor, selfs al sou hul ʼn goeie, opgegradeerde skuilplek besit. Jou charisma help tydens die geveg om ʼn dubbele slag aan te teken. Wanneer jy op mense jag maak, help ʼn hoë charisma-vlak jou om meer buit te vind.
Die ervaring wat jy opdoen tydens die spel beïnvloed jou vlak. Die oorsig vertoon hoeveel ervaringspunte (EP) jy benodig om die volgende vlak te bereik. Daar is verskillende maniere om ervaringspunte (EP) op te doen:
mensejag, begraafplaas-werk, soeke of demone-jag.
Die ervaringspunte (EP) wat jy benodig om die volgende vlak te bereik is gebaseer op die beginsel: 10*vlak-5.
Gesondheid vertoon hoe vars jou karakter huidiglik is. Moet jou nie bekommer dat jou karakter sal nie sterf nie, ongeag hoe laag jou gesondheidspunte daal. Maar jy kan nie gaan jag wanneer jou punte laer as 25 is nie. Nadat jou gesondheidspunte gedaal het, sal dit outomaties weer begin verhoog met verloop van tyd.
Jy kan jou vyf basiese vaardighede (krag, verdediging, behendigheid, uithouvermoë en charisma) verbeter deur oefening. As jy jou vaardighede wil oefen, moet jy betaal met goud, wat jy eers moet gaan plunder. Hoe hoër die vlak van oefening, hoe meer goud moet jy betaal. |
| Maak toe |
|
| Statistiek |
| Die tabel vertoon al jou karakter se relevante statistiek: gevegte, gebuite goud en jou volledige hoeveelheid buit. Die volledige hoeveelheid buit bepaal jou reputasie in die spel. Hoe hoër jou hoeveelheid buit is, hoe hoër is jou reputasie. Indien jy ʼn vervalser besoek om jou naam te verander, mag jou reputasie skade lei. Jou volledige hoeveelheid buit affekteer ook die sterkte van die demone waarteen jy baklei in die grot. |
| Maak toe |
|
| Byt-skakel |
Jy kan nuwe mense kry om deel te neem aan die spel deur jou jag-skakel aan te stuur. Elkeen wat op jou skakel klik, word deur jou gebyt en jy sal ontvang so goud en ander dinge. Wanneer mense op jou skakel klik, en jou naam noem tydens registrasie, word hulle deur jou "geskep".
Jy kan die skakel op jou tuisblad vertoon, in jou forum-stempel plaas of aan jou vriende stuur. Moet asseblief nie die skakel gebruik vir spam doeleindes nie. Spelers wat dit doen en uitgevang word sal summier en sonder kennisgewing geskrap word. As iemand op jou skakel klik, word hy deur jou gebyt en jy ontvang goud en ander dinge! |
| Maak toe |
|
| Inventaris |
Jou inventaris vertoon die items wat jy huidiglik besit. Indien jy items wil gebruik in die geveg (bv. wapens), moet jy hulle vooraf aktiveer.
Die aantal items wat jy mag hê in jou inventaris hang af van die opgraderingsvlak van jou verblyfplek in jou skuilplek. In die begin mag jy drie items besit, en dan twee addisionele items vir elke opgradering. Die maksimum aantal items wat jy mag besit is 25. |
| Maak toe |
|
| Die Skuilplek |
Jou skuilplek beskerm jou teen aanvalle van rondreisende vyande. Hoe meer jy dit opgradeer, hoe beter sal die beskerming wees wat dit jou bied. Jy kan nie mure, paaie of die omgewing self opgegradeer na ʼn hoër vlak as dié van jou verblyfplek nie.
Jy kan ook ander nuttige skuilplek-opgraderings koop met jou hel-klippe:
Skatkis:
Jy kan ʼn deel van jou goud spaar en hier wegsteek vir jou vyande. ʼn Volle dag se betaling is beskermd en kan nie van jou geplunder word nie.
Gargoyle-Beskermer:
Die gargoyle beskerm jou en help jou om jou vyande te beveg. Jou verdediging is 30% meer effektief as wat dit normaalweg sou wees.
Verdoemenis-Boek: Die oudstes het hulle kennis van klassieke gevegte in die boek opgeskryf. Jy is 30% kragtiger as hierdie boek jou versterk.
Krag +30% |
| Maak toe |
|
| Die Stam |
ʼn Stam is ʼn groep wat bestaan uit verskillende spelers van dieselfde ras. Hulle doel is om die sterkste te word van alle stamme en om saam te veg, totdat hulle daardie doel bereik het. Stamlede help mekaar en veg saam teen hul vyande.
Dis jou keuse of jy aansluit by ʼn bestaande Stam, ʼn nuwe Stam begin, of op jou eie houtjie voortploeg (daar is geen vereiste om aan ʼn Stam te behoort nie). |
| Maak toe |
|
| Stam se gebou en lede |
Die maksimum aantal lede wat ʼn Stam kan akkommodeer hang af van die vlak van hul gebou.
Vir elke opgradering van die Stam se gebou, kan 3 nuwe lede aansluit. Die maksimum toelaatbare opgraderings is 16. Die koste van opgraderings aan ʼn Stam se gebou is betaalbaar in goud. Vir daardie rede skenk Stamlede van hul goud aan die Stam se rekening. Hierdie rekening se fondse kan slegs aangewend word vir die Stam se gebou en vir Stam-Rituele.
Die stigter en administreerder het verskeie hulpmiddele tot hul beskikking om lede mee te administreer. |
| Maak toe |
|
| Stamgevegte |
ʼn Clan kan oorlog verklaar teen ʼn ander clan, indien hulle clan-geboue op dieselfde vlak is.
Indien ʼn clan oorlog verklaar teen ʼn ander clan van dieselfde ras, moet die opponerende clan eers die oorlog goedkeur. Oorloë teen ander rasse kan onmiddellik begin.
Die oorlog begin 8 ure nadat die oorlogsverklaring goedgekeur is. Daar is geleentheid tydens die voorbereidingstyd vir die clan-lede van beide clans om in te stem tot deelname in die oorlog. Indien ʼn oorlogsverklaring teruggetrek word tydens die uur voordat die oorlog sou begin, verloor die bevelvoerder 5% van die volledige hoeveelheid buit (die bevelvoerder beklee die hoogste posisie op die slagveld).
Alle clan-lede wat gaan deelneem aan die oorlog kom byeen, 1 uur voordat die oorlog begin. Vanaf daardie oomblik kan lede nie langer ander aktiwiteite uitvoer nie.
In die geval van clans wat onder aanval is, word die tyd vervroeg sodat ʼn maksimum van 1 uur oorbly voordat ʼn oorlog begin. Die clan-leiers kan clan-lede, wat ingestem het tot oorlog, in enige posisie plaas wat geskik is vir die oorlogsformasie. Die keuses van die oorlogsformasie kan ʼn deurslaggewende rol speel in die oorlog se uitkoms.
ʼn Geveg kan ʼn maksimum van 28 rondtes beloop. Indien beide bevelvoerders oorleef, wen die clan wat die meeste punte behaal het.
Elke lid van die oorwinnende clan kry ʼn deel van die goud. Hierdie porsie van die goud word bepaal deur die totale hoeveelheid goud wat die vegters verdien het vir ʼn uur se begraafplaas-werk en die aantal oorlewendes in die oorwinnende clan.
Die verlorende clan kry absoluut niks.
Elke vegter verdien EP, in ooreenstemming met die gevegte wat baklei is. |
| Maak toe |
|
| Stam-Rituele |
| Clanrituele beïnvloed alle clan-lede en kan bv. hulle vaardighede versterk. Clan-lede kan ʼn oproeper ontbied om die aangewese ritueel uit te voer. Die koste van oproepings word deur die clan se rekening gedra. ʼn Oproeping duur 10 minute. Teen die einde van die oproepings, moet aan die bepalings van die ritueel voldoen word. Clan-lede kan slegs ʼn oproeper ontbied elke twee ure. |
| Maak toe |
|
| Die Handelaar |
Jy kan heelwat nuttige dinge by die handelaars koop.
Wapens en bepantsering kan dikwels jou krag en ander vaardighede verbeter.
Hoe hoër jou vlak is, hoe groter is jou keuse van items. Jy kan, in jou inventaris onder “Oorsig”, slegs een wapen (of ʼn helm, ʼn skild, ens.) op ʼn keer aktiveer, maar jy kan verskeie soorte wapens – selfs tegelykertyd – aan jou dra. Wanneer jy ʼn wapen aktiveer, word die wapen wat huidiglik geaktiveer is, summier gedeaktiveer.
Die aantal items wat jy met jou kan saamdra hang af van die vlak van jou skuilplek.
Die metamorfose-steen is die enigste manier om jou ras te verander, terugwerkenderwyse. Jy sal outomaties verander na ʼn weerwolf of vampier toe en daarom uit jou clan gewerp word. Indien jy die stigter van ʼn clan was, sal jou clan noodwendig ontbind word. |
| Maak toe |
|
| Die Begraafplaas |
Hier kan jy werk en goud vind. Jy kan jou eie werksure bepaal. Jy kan maksimum van 8 ure werk per skof. Jy sal betaal word in ooreenstemming met jou vlak en sal betaling onvang nadat jou werk voltooi is. Indien jy vroeg ophou werk, sal jy geen betaling ontvang nie.
Wenk: Jy kan ook aangeval word deur vyande terwyl jy besig is met begraafplaas-werk. Jou werkstyd sal voortduur selfs indien jy jou internet-verbinding sou diskonnekteer of jou rekenaar sou afskakel (daarom hoef jy nie ingeteken te bly nie) |
| Maak toe |
|
| Die Taverne |
| In die taverne kan jy quests aanvaar en inligting bekom omtrent aanvaarde quests. Jy kan kies tussen verskillende moeilikheidsgrade: Maklik, Gemiddeld en Gevorderd. Hoe moeiliker ʼn quest is, hoe langer sal dit duur om te bemeester. Hoe hoër die moeilikheidsgraad, hoe hoër die beloning wanneer jy slaag. Maar terselfdertyd beteken dit jy moet langer wag voordat jy ʼn nuwe quest kan aanvaar. |
| Maak toe |
|
| Die Grot |
Die grot is ʼn prettige plek vir demone. Hier kan jy demone jag na hartelus. Demoon-jag vorm dikwels deel van ʼn aangewese quest. Die demone wat jy hier ontmoet kan uiters gevaarlik wees en kan hoër vlakke beklee as jouself. In ruil daarvoor kan jy meer dinge bekom en meer ervaring opdoen op ʼn demoon-jag as op ʼn mense-jag. Jy mag egter gesondheidspunte verloor in die proses. ʼn Voordeel van demoon-jag is dat jy altyd ʼn vyand sal teëkom.
Wenk: Die tyd wat jy spandeer op demoon-jagtogte sal afgetrek word van jou jag-tyd af (dieselfde geld vir mense-jagtogte). |
| Maak toe |
|
| Die Mark |
Die markplein is net die plek vir jou weersinwekkende sake. Enigeen kan hier dinge van die hand sit. Hier kan jy kan sommige van jou dinge te koop aanbied aan ander spelers, of jy kan dinge van hulle koop. Spelers bepaal self die pryse van hulle dinge; maar hulle moet egter ʼn fooi betaal om hulle ware hier te mag verkoop.
Wenk: Jy kan dinge koop hier wat bo jou vlak is. Maar jy mag hulle slegs dra, of herverkoop aan die handelaars, nadat jy die vereiste vlak bereik het.
Nadat jy ʼn item gekoop het by die markplein, is sodanige item aan jou siel verbonde. Jy kan nie die item op die markplein verkoop nie, maar dit slegs terugverkoop aan die handelaar. |
| Maak toe |
|
| Die biblioteek |
| Indien jy nie van jou naam hou nie, kan jy dit verander in die biblioteek. Nadat jy jou naam verander het, moet jy 7 dae wag voordat jy jou naam weer kan verander. |
| Maak toe |
|
| Die Voedoe-Winkel |
By hierdie geheimsinnige plek kan jy hel-stene koop met jou eie geld. Hel-stene is mistieke kristalle wat geweldige hoeveelhede energie besit. Hulle stel jou in staat om besondere en indrukwekkende items te kan koop.
Jy kan by die voedoe-winkel ook ʼn skaduwee-heer word. ʼn Skaduwee-heer geniet sekere voordele wat die spel meer aangenaam maak: 4-uur jagtogte, verkorte geveg-blokkering (slegs 5 minute!), verbeterde boodskap-opsielys, ʼn individuele karakterafbeelding en veel meer. |
| Maak toe |
|
| Die kerk |
| Jy kan jou wonde laat genees in die kerk, in ruil vir goud. 10% Genesing beloop 10% van jou huidige daaglikse loon. Jy kan tot op ʼn maksimum van 75% van jou lewenskrag genees, maar sou jy reeds meer lewenskrag as dit het, kan jy nie in die kerk genees word nie. Jy moet 1 uur wag na elke genesing, voordat jy weer genees kan word (sg. afkoeltyd). Jy kan tydens die afkoeltyd, buiten die 100% genesingsdoepa, geen ander genesingsdoepa gebruik nie. |
| Maak toe |
|
| Die Pyn-Huis |
| Indien jy jou naam in die Skadu-Boek skryf, kan jy teen enige ander opponent veg wat ook daarin geregistreer is, ongeag ras of vlak. Sou jy lukraak soek vir `n opponent, kan jy nie op die laaste oomblik besluit om jou opponent te wysig nie, omdat die geveg dadelik sal begin. Jy kan slegs deregistreer vanuit die boek sodra 24-uur verloop het. |
| Maak toe |
|
| Die jag |
Jag is een van die belangrikste maniere in BiteFight om goud, ervaring en beroemdheid te bekom.
Jy het verskeie keuses aangaande hoe en waarna jy wil jag. |
| Maak toe |
|
| Rasse-jag |
Tydens die rasse-jag moet jy probeer om vyande van die ander ras in ʼn hinderlaag te lei en te verslaan. Jy kan vyande op lukrake manier opspoor indien jy "normaal" of "sterker en gelyke sterkte" kies.
Jy kan ook die naam van ʼn vyand teen wie jy wil baklei in die soekveld invoer. Jy kan die name van potensiële vyande in die “Highscore” vind. Hier kan jy die vlakke van jou vyande te siene kry.
Elke rasse-jag kos jou 1 goue muntstuk.
Jy kan slegs in ʼn gedefinieerde vlak area jag, om nuwe spelers te beskerm teen aanvalle deur baie sterker spelers. Die area sal beide 9 vlakke bo en onder joune wees of +/- 15% van jou eie vlak (afhangend van watter area die grootste is – by hoër vlakke sal dit die % area wees) |
| Maak toe |
|
| Mensejag |
Jy kan baie goud en ervaringspunte (EP) bekom op ʼn mense-jag. Vir elke liter bloed of kilogram vleis verdien jy een goue muntstuk. Indien jy gelukkig genoeg is, kan jy selfs Hel-Klippe op ʼn mense-jag vind.
Elke rasse-jag kos jou 10 goue munte.
Hoe meer tyd jy bestee aan jag, hoe meer goud en ander dinge kan jy bekom. Korter, reëlmatiger jagtogte kan meer lonend wees, maar indien jy slegs vir 10 minute jag, mag jy dalk net ʼn lantern teëkom. In so ʼn geval sal jy geen buit of goud verdien nie. |
| Maak toe |
|
| Demoon-jag |
sien Grot
Jou jag-tyd is 2 ure (4 ure vir `n Skaduwee-Heer). Probeer om al jou beskikbare tyd teen middernag te benut, want daarna begin die tyd opnuut en alle ongebruikte jag-tyd verval.
Jy kan jou jag-resultate en gevegsverslae besigtig in die vorm van boodskappe wat jy outomaties sal ontvang na afloop van elke jagtog of geveg. |
| Maak toe |
|
| Boodskappe |
| Hier kan jy jou jag-resultate, gevegsverslae en persoonlike boodskappe van ander spelers besigtig. Jy kan ook self boodskappe skryf. |
| Maak toe |
|
| Vriendelys |
In jou Vriendelys kan jy die naam, Stam, vlak en status van al jou vriende sien. Die vriendelys maak dit makliker om jou vriende te kontak en boodskappe aan hulle te stuur, sonder om eers hulle besonderhede na te slaan. Onder Versoek kan jy sien wie wil hê dat jy hulle by jou vriendelys moet voeg. Onder Eie Versoek kan jy die spelers sien wie jy by jou lys wil voeg.
Jy kan te eniger tyd vriende skrap van jou lys. |
| Maak toe |
|
| Notepad |
| Hier kan jy persoonlike nota`s stoor en ophaal (bv. name, jag-resultate, ens.) |
| Maak toe |
|
| Instellinge |
e-pos adres:
Voer asseblief ʼn geldige e-pos adres in, omdat ʼn e-pos met ʼn aktiveringskakel vir jou toegangsrekening aan jou gestuur sal word. Klik asseblief op die skakel of kopieer die inhoud daarvan binne 3 dae in jou leser-program om jou BiteFight rekening te valideer.
Indien jy jou e-pos adres wil verander, versoek asseblief ʼn nuwe skakel om jou rekening mee te aktiveer, omdat die adres 7 dae nadat jy dit aktiveer het eers as permanent beskou sal word.
Indien jy jou wagwoord vergeet het, sal dit aan jou permanente e-pos adres gestuur word.
Karakterbeskrywing:
Jy kan jou karakter beskryf en aan ander spelers voorstel. Dit is natuurlik nie verpligtend nie.
Standaard boodskap aan jou slagoffers:
Jy kan teks invoer wat aan mense getoon sal word wanneer hulle op jou byt-skakel sou klik.
Opsionele inligting:
Hier kan jy addisionele inligting omtrent jouself invoeg.
Karakterafbeelding:
Indien jy die blokkie merk, sal jou karakterafbeelding vertoon word i.p.v. jou ras-logo. Jy sal ʼn lukrake karakterafbeelding ontvang. Wanneer jy ʼn Skaduwee-Heer is, kan jy jou eie, individuele afbeelding skep.
Gaan ondergronds:
Jy kan ondergronds gaan indien jy met vakansie is of te besig raak om te speel, sonder enige bekommernis omtrent jou karakter. Terwyl jy ondergronds is, kan jy nie aangeval word nie (vir ʼn minimum van 2 dae en ʼn maksimum van 30 dae). Indien jy die blokkie sou merk, sal jy ondergronds gaan vir ʼn minimum van 2 dae. Tydens hierdie 2 dae kan jy nie speel of herverskyn nie. Nadat jy herverskyn het, moet jy ten minste 7 dae wag voordat jy weer ondergrond kan gaan. Wanneer die 30 dae maksimum oorskry word, herverskyn jy outomaties.
Skrap rekening:
Indien jy wil ophou om BiteFight te speel, besluit jy om jou rekening te skrap. Na 7 dae word die rekening geskrap. Indien jy van plan verander binne 7 dae en wil aanhou om te speel, kan jy die skrapping hier kanselleer.
Bestudeer die BiteFight Forum vir meer inligting. Op die Forum kan jy vrae vra en ander spelers beter leer ken. |
| Maak toe |
|